zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
19 June 2026
Monitor: Meer as helfte van polisiestasies beantwoord nie oproepe nie
19 Junie 2026: 'n Landwye oudit bevind dat meer as die helfte van polisiestasies nie oproepe beantwoord nie. Ons praat met Helen Zille oor haar omstrede besoek aan March and March. Ons ontmoet BOSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.
49 min
18 June 2026
Monitor: Reaksie op die DA se minister-skommelinge
18 Junie 2026: Reaksie op die DA se minister-skommelinge. Nóg 'n reddingsboei om die suikerreus Tongaat Hulett te red. Meer besonderhede oor Amerika en Iran se vredesooreenkoms.
49 min
17 June 2026
Monitor: Is Rampahosa besig met Stalingrad-taktiek oor Phala Phala?
17 Junie 2026: Advokaat Thuli Madonsela praat oor studenteskuld en gelyke toegang tot onderrig, terwyl 9.5 miljoen jeugdigdes sonder werk of onderrig sit. Is president Rampahosa besig met sy eie Stalingrad-taktiek oor Phala Phala? Kan 'n ouderdomsbeperking op die gebruik van sosiale media werk? Die eerste Springbokspan van die jaar word bekendgemaak.
51 min
16 June 2026
Monitor: Vyf dekades ná 1976 staan jong Suid-Afrikaners steeds voor talle uitdagings
16 Junie 2026: Vyf dekades ná die opofferings van slagoffers van die 1976 Soweto-betogings, staan jong Suid-Afrikaners vandag steeds voor talle uitdagings. Die jongste misdaadstatistiek van die Noord-Kaap dui daarop dat die stryd teen georganiseerde misdaad vrugte afwerp. Sowat 70 000 toelaes word tydelik opgeskort weens nie-nakoming en onvoldoende verfikasieprosesse by SASSA.
49 min
15 June 2026
Monitor: Is vredesooreenkoms tussen VSA en Iran volhoubaar?
15 Junie 2026: Is die ooreenkoms tussen die VSA en Iran volhoubaar? 'n Beoogde wet poog om die polisiediens meer professioneel te maak. Nóg twee kandidate tree toe tot die die stryd om die burgemeesterskap van Kaapstad.
51 min
12 June 2026
Monitor: OUTA vra Eskom om deelnameproses te verleng oor Jhb-skuld
12 Junie 2026: OUTA vra Eskom om sy openbare deelnameproses te verleng, oor sy voorneme om kragtoevoer aan Johannesburg te onderbreek. Dringende ingryping word geëis om die land se staalbedryf te red. Moedelose inwoners van Atlantis wil voor die wonings van vermeende bendeleiers betoog om bendegeweld te stop.
46 min
11 June 2026
Monitor: Menseregtekommissie sê Makana-plaaslike owerheid in Makhanda moet ontbind
11 Junie 2026: Die Menseregtekommissie beveel aan dat die Makana-plaaslike owerheid in Makhanda ontbind, omdat hulle nie die behoeftes van die kiesers dien nie. Sowat 80% van selfdoodgevalle in Suid-Afrika is mans. Sommige lede van die parlement se Polisiekomitee sê daar is 'n toesmeerdery van die diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala-Phala-plaas.
50 min
10 June 2026
Monitor: ‘ANC-studiegroepe in die parlement is problematies’
10 Junie 2026: Die Staatsdienskommissie sê die ANC se studiegroepe in die parlement is problematies. Ons praat met werkgewers oor die regering se plan om maatskappye oor ongedokumenteerde buitelandse werkers vas te vat. Nuwe navorsing toon dat 77% van diabete ook aan angs en depressie ly.
49 min
09 June 2026
Monitor: Kommerwekkende vlakke van drankmisbruik onder meisies en jong vroue
9 Junie 2026: Politieke partye reageer uiteenlopend op president Cyril Ramaphosa se plan met ongedokumenteerde buitelanders. Die Maquassi Hills-munisipaliteit reageer op skerp vrae van die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys drankmisbruik neem toe onder meisies en jong vroue.
50 min
08 June 2026
Monitor: Ons ontleed die president se plan vir xenofobie
8 Junie 2026: Ons ontleed die president se plan oor die xenofobiese drukpot. Kommer oor die groot getal polisiewapens wat in misdadigers se hande beland. Fitch het Suid-Afrika opgradeer - 'n ekonoom verduidelik watter voordele dit vir die land inhou.
50 min